Privaat Kampeerterrein Op Die Wal Van Die BreëRivier
  Eng
TuisBlad





Welkom by die Riggton River Farm webtuiste!!

Hier sal u alle relevante inligting vind om van u kampering 'n genotvolle ervaring te maak.

Omring deur lower groen heuwels en wingerde van Bonnievale lê 'n weggesteekte kampeer paradys langs die Breë Rivier waar jy in privaatheid 'n rustige vakansie of net 'n wegbreek-naweek kan geniet. Bring die hele gesin of bied 'n geleentheids funksie aan. Daar is meer as genoeg ruimte


vir almal om die rustige en veilige omgewing van Riggton River Farm kampeerterrein te geniet. Aangesien geen motorbote op die rivier toegelaat word nie, is u stilte gewaarborg.

Al die nodige fasiliteite is tot jou beskiking. Geniet 'n braai, vang vis, roei, swem of kom geniet net die pragtige natuurskoon.

Ons is oortuig dat u u verblyf by ons sal geniet , soos baie besoekers vantevore. Ons hoop om spoedig van u te hoor.

Webtuiste geskep en aangebied deur BlueSteam.NET   
line break
©Kopiereg 2005 | Riggton River Farm | Alle regte voorbehou.