fbpx

RIGGTON RIVER FARM

Welkom by ons kampterrein
Privaat kampeergronde op die wal van die Breërivier in die hart van Bonnievale.

‘n WEGGESTEEKTE KAMPEER PARADYS

Omring deur lower groen heuwels en wingerde van Bonnievale, lê ‘n weggesteekte kampeer paradys langs die Breërivier waar jy in privaatheid ‘n rustige vakansie of net ‘n wegbreek-naweek kan geniet. Bring die hele gesin of bied ‘n geleentheids funksie aan. Daar is meer as genoeg ruimte vir almal om die rustige en veilige omgewing van Riggton River Farm kampeerterrein te geniet. Aangesien geen motorbote op die rivier toegelaat word nie, is u stilte gewaarborg.


KAMPEER

Maks 6 persone per staanplek
(volwassenes en kinders)

R160 per persoon/ per nag
R60 per kind / 3-18 jaar


Privaatkampeer

Uitsluitlike Gebruik: Min 30 volwassenes
(Piek seisoen: Min 2 nagte)

R160 per persoon / per nag
R60 per kind / 3-18 jaar


Selfsorg-eenheid

Alle geriewe en aktiwiteite ingesluit.
(Maks 2 persone, Piek Seison: Min 2 nagte)

R530 per persoon / per nag
Volwassenes en Kinders

Atmosfeer wat jou aangryp

Geen motorbote op die rivier is toegelaat nie. Slegs die klanke van voëls se gesang en die wind wat waai deur die lang bloekombome en soms die atmosfeer van die dorpsgeluide kan gehoor word.

Ongelooflike natuurskoon

Geniet ‘n braai, vang ‘n paar visse, roei ‘n bietjie, swem in die rivier of kom net om die ongelooflike natuurskoon van moeder natuur te sien.

Kom as familie, vriende of kollegas

Bring jou hele familie of bied selfs ‘n maatskappy wegbreek geleentheid aan vir spanbou. Daar is meer as genoeg ruimte vir ‘n klomp mense om die vreedsame en veilige omgewing te geniet.

Karin Holtzhausen

Karin Holtzhausen

Blogger