FASILITEITE & AKTIWITEITE
Geniet ons fasiliteite en aktiwiteite wanneer u Riggton River Farm besoek.KAMPEER
Maks 6 persone per staanplek
(volwassenes en kinders)
R180 per persoon/ per nag
R80 per kind / 3-18 jaar
Privaatkampeer
Uitsluitlike Gebruik: Min 30 volwassenes
(Piek seisoen: Onbeskikbaar)
R180 per persoon / per nag
R80 per kind / 3-18 jaar
Selfsorg-eenheid
Alle geriewe en aktiwiteite ingesluit.
(Maks 2 persone, Piek Seison: Min 2 nagte)
R600 per nag
Volwassenes en Kinders
FASILITEITE
DRINKBARE MUNISIPALE WATER
Daar is drinkwaterkrane elke 10 meter gespasieer vir u gerief. Onthou om jou eie tuinslang te bring.
KRAGPUNTE
Bring jou eie 20m verlengkabel. Die kampeerterrein word saans verlig deur spreiligte wat ook op die rivier skyn.
ABLUSIE FASILITEITE
Daar is twee ablusieblokke beskikbaar. Een vir mans en een vir vrouens. Elkeen met toilette en warm storte.
ANDER FASILITEITE
Geboude braais sowel as braaidromme is beskikbaar. LET WEL: hout en roosters word nie verskaf nie. Sleephelling vir maklike toegang tot die rivier.
AKTIWITEITE
KAMPERING
Kom slaan jou tent op of bring jou karavaan. Daar is genoeg ruimte vir almal!
SWEM
Bring jou swembroek en lilo om die water te geniet op die wal van die Breërivier.
ROEI
As jy ‘n kanoe of roeiboot het, bring dit saam aangesien daar geen kragbote op die rivier toegelaat word nie.
VISVANG
Die Breerivier het goeie hengelplekkies met Groot- en kleinbek Bass, Karp en vele ander varswater-spesies.
STAP
Geniet die omgewing van plaasdiere en pragtige natuurskoon, terwyl u lang staptogte geniet saammet u geliefdes.
DRAF
Maak vas jou hardloopskoene en hardloop deur die pragtige omgewing en welige wingerde van Bonnievale.
VOËLS KYK
Vir diegene wat hul troos vind in die raaksien van seldsame voëls, is Riggton River Farm die tuiste van baie verskillende spesies.
MEDITERING
Die rustige omgewing is ideaal vir diegene wat hul gedagtes en harte wil skoon maak.
SKAKEL ONS
Cel: +27 82 782 2697
Alternatiewe Cel: +27 82 324 9145
Kantoor Ure:
Weeksdae | Naweke | |
---|---|---|
Kantoor & Fax | 16h00 - 17h30 | Onbeskikbaar |
Sel | 16h00 - 17h30 | 08h00 - 17h30 |