fbpx

Kampterrein reëls

Hieronder is die reëls waarvoor u moet instem voordat u die perseel betree.

Hieronder is ons lys reëls waarvoor u moet instem voordat u op die Riggton River Farm-perseel toegelaat sal word:

  1. U en u gaste betree en maak gebruik van enige fasiliteite, insluitende die rivier, op eie risiko.
  2. Hou asseblief toesig oor u gaste en sorg dat daar toesig oor u is wanneer die rivier gebruik word.
  3. Geen kragbote op die rivier nie. Respekteer ander kampeerders wat hengel.
  4. Indien n boot verskaf word om op die rivier te gebruik, moet die gebruiker daarvan self toesien dat hy sy eie veiligheidstoerusting gebruik. Riggton River Farm sal geen toesig hou oor persone wat die rivier gebruik nie of toesien dat die nodige veiligheidstoerusting gebruik word nie. Die kampeerder neem volle verantwoordelikheid vir die gebruik van die rivier of enige ander fasiliteite.
  5. Geen harde musiek. Indien musiek gespeel word, maak seker dat net u en u gaste dit hoor en nie die ander kampeerders nie.
  6. Steek vure aan slegs in die braaidromme voorsien. Wees altyd bewus van die gevare van brand en verspreiding daarvan na tente/karavane.
  7. Kontak ons gerus vir enige navrae of hulp wat u benodig.

SKAKEL ONS

Cel: +27 82 782 2697
Alternatiewe Cel: +27 82 324 9145
Kantoor Ure:

WeeksdaeNaweke
Kantoor & Fax16h00 - 17h30Onbeskikbaar
Sel16h00 - 17h3008h00 - 17h30

Kamp Navraag

15 + 3 =